Harry S. Truman

Harry S. Truman
33ste President van die Verenigde State
Ampstermyn 12 April 194520 Januarie 1953
Voorganger Franklin D. Roosevelt
Opvolger Dwight D. Eisenhower
Geboortedatum 8 Mei 1884
Geboorteplek Lamar, Missouri
Sterftedatum 26 Desember 1972 (op 88)
Sterfteplek Kansas City, Missouri
Eerste Dame Bess Truman, née Wallace
Politieke party Demokraat
Visepresident Geen (1945-1949)
Alben W. Barkley (1949-1953)
Handtekening

Harry S. Truman (* 8 Mei 1884, † 26 Desember 1972) was die 33ste President van die Verenigde State (1945-1953). In sy ampstermyn het die dreigende konflik met die Sowjetunie op die Koue Oorlog uitgeloop.

Wat buitelandse politiek betref, het hy hom veral toegespits op die beperking van Kommunistiese magsuitbreiding. Die meeste van sy binnelandse hervormingsprogramme is deur die Senaat, wat heelwat konserwatiewer as hy was, in die wiele gery.

Harry Spencer Truman is in Mei 1884 op Lamar in die staat Missouri gebore. Na sy skoolopleiding op die dorp Independence het hy as bankklerk begin werk en daarna by ʼn onsuksesvolle sakeonderneming betrokke geraak. Na die Eerste Wêreldoorlog, waaraan hy as artilleriekaptein deelgeneem het, het Truman weer eens betrokke geraak by 'n onderneming wat misluk het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search